Finansiële Dienste
soos byvoorbeeld:
Persoonlike
risikobeplanning evalueer jou huidige voorsiening in die geval van jou vroeë
dood of permanente ongeskiktheid in vergelyking met jou kapitaal en
inkomstedoelwitte in so ‘n geval.
Aftreebeplanning is ‘n
strategie om vooruit te beplan vir jou toekomstige aftrede. Dit evalueer jou
huidige aftreevoorsiening in vergelyking met jou kapitaal- en inkomstedoelwitte
vir die jare na aftrede.
Die belegging van
aftreevoordele oorweeg die voordele waarop jy nou geregtig geraak het. Jy gaan
aftree en dit is ‘n strategie om jou kapitaal en inkomstevoordele op so ‘n
manier aan te wend dat jy jou lewenstandaard kan handhaaf en jou ander lewenstyldoelwitte
kan verwesenlik.
Beleggingsbeplanning
evalueer die geld wat jy bymekaar gemaak het soos dit in jou balansstaat
weerspieël word en het ten doel om dit te bewaar en te laat groei. Dit evalueer
jou algemene doelwitte en beveel ‘n strategie aan wat op die risiko, belasting,
termyn en toeganklikheid gebaseer is.
Daar is ‘n onderskeid
tussen maatskappy- (groep-) en individuele oplossings. Dit evalueer jou huidige
posisie en individuele behoeftes om ‘n strategie aan te beveel wat ‘n werknemer
in staat stel om vir sy/haar aftrede te beplan.
Korttermynversekeringsbeplanning {Kommersieel of Persoonlik}
Korttermynversekeringsbeplanning
identifiseer enige potensiële tekort in jou bestaande korttermynversekering.
Daar is ‘n onderskeid tussen kommersiële en persoonlike versekering.
Risikodekking by
dood
Risikodekking by dood
evalueer jou bestaande kapitaal- en inkomtsevoorsiening in vergelyking met jou
algemene aanspreeklikhede en jou doelwitte vir jou afhanklikes in so ‘n geval.
Risikodekking by
permanente ongeskiktheid
Risikodekking by
permanente ongeskiktheid evalueer jou bestaande kapitaal- en
inkomtsevoorsiening in vergelyking met jou behoeftes en doelwitte in so ‘n
geval.
Risikodekking by
tydelike ongeskiktheid
Risikodekking by
tydelike ongeskiktheid evalueer jou bestaande kapitaal- en inkomstevoorsiening
in vergelyking met jou behoeftes en doelwitte in so ‘n geval.
Verbandbeskerming
Verbandbeskerming
oorweeg ‘n spesifieke verbandskuld en evalueer dit in vergelyking met jou
bestaande voorsiening vir die vereffening daarvan in die geval van jou
dood of permanente ongeskiktheid.
Herbelegging van ‘n
gespesifiseerde onttrekkingsvoordeel uit aftreefonds
Die herbelegging van
‘n aftreevoordeel ontleed die beskikbare opsies vir sodanige kapitaalontvangs
en die belastingimplikasies daarvan. Dit evalueer hierdie uitkoms teenoor jou
onmiddellike en aftreekapitaalbehoeftes.
Herbelegging van
uitkeeropbrengs uit aftreefonds
Die herbelegging van
‘n uitkeeropbrengs uit ‘n aftreefonds oorweeg die aftreevoordele waarop jy nou
geregtig is, maar wat jy nie nou nodig het om ‘n inkomste te verskaf nie en dus
kan jy dit herbelê vir ‘n verdere termyn. Dit evalueer hierdie en ander
aftreevoordele in vergelyking met jou kapitaal- en inkomstedoelwitte tydens
aftrede.
Belegging van
gespesifiseerde kapitaal
Belegging van
gespesifiseerde kapitaal oorweeg ‘n spesiale kapitaalbedrag wat jy nou het en
waarvoor jy ‘n spesiale doelwit het. Dit evalueer belasting- , risiko- en termynoorwegings
in vergelyking met daardie doel.
Gesondheidsorg-voorafbefondsing
Gesondheidsorg-voorafbefondsing
oorweeg jou bestaande voorsiening vir gesondheidsorg na aftrede en evalueer dit
in vergelyking met jou behoefte aan daaglikse en groot mediese prosedures
gedurende daardie jare.
Onderwys
Onderwysbeplanning
oorweeg jou bestaande voorsiening vir die opvoeding van afhanklikes en evalueer
dit in vergelyking met die opvoedkundige aspirasies wat jy vir hulle het.
Spaar vir ‘n
spesifieke doel
Spaar vir ‘n
spesifieke doel oorweeg die bestaande voorsiening wat jy het vir jou
lewenstyldoelwitte en evalueer dit in vergelyking met die doelwitte wat jy
wil bereik en die tydsbepaling hiervoor.
Besigheidsversekering
word gewoonlik deur ‘n maatskappy of werkgewer uitgeneem op die lewe van ‘n
werknemer of ‘n direkteur van die maatskappy vir die voordeel van óf die
besigheid óf die werkgewer of vir beide die werknemer en die werkgewer.
Borgskapbeskerming
Dit is ‘n plan om
finansiële verlies te voorkom in die persoonlike boedel van ‘n individu wat
aanspreeklik is vir die skuld van ‘n besigheid deurdat hy as
medehoofskuldenaar ‘n leningsooreenkoms onderteken het of deurdat hy die een of
ander vorm van sekuriteit verskaf het.
Sleutelpersoondekking
Dit identifiseer
individue wat ‘n sleutelrol in die toekomstige bestaan en winsgewendheid van
die besigheid speel. Dit kwantifiseer daardie risiko’s in die geval van
dood of permanente ongeskiktheid van sodanige sleutelpersoon.
Koop-en-verkoopreëling
Dit formaliseer en
kwantifiseer die bepalings en voorwaardes waarop die oorblywende eienaars die
belang wat ‘n oorlede of permanent ongeskikte eienaar in die besigheid hou, sal
koop.
Leningsrekeningaflossing
Dit kwantifiseer die
huidige voorsiening wat die besigheid moet maak om sy leningsverpligtinge op ‘n
toekomstige datum terug te betaal.
Voorkeurvergoeding
Dit is ‘n
aanmoedigingskema vir gekose werknemers om hul toekomstige dienste vir die
voordeel van die besigheid te behou.
Korporatiewe
Spaarplan
Dit is ‘n spaarplan om
die besigheid te help om verskeie soorte verpligtinge ten opsigte van
kapitaaluitgawe in die toekoms na te kom.
Tussengangerdienste
verwys na gevalle waar die beplanner ‘n diens lewer ten opsigte van ‘n
finansiële produk vir en namens ‘n kliënt behalwe om advies te verskaf, bv. die
verhoging van die maandelikse premiebetalings in opdrag van die kliënt.